Afrikaans in Bangkok

Verken die Ooste in Afrikaans



Sawadika! Hallo! Verken Thailand in Afrikaans!

Welkom by my webjoernaal oor Thailand in Afrikaans! My hart is om die land vol kleur, geur en tradisie aan Afrikaanse mense voor te stel.

Na ‘n halwe dekade van bly, werk en toer in Thailand het ek ‘n diep begeerte om my eie kennis, ervarings en wenke met jou te deel. Van geheime gin-bars tot hotelle met uitgekerfte baddens – ek deel die luuks, die mooi en die vreemd – maar in jou taal.

Jy sal dus inspirasie en kennis in my artikels vind en sal selfs jou eie toer kan beplan! Loer hier onder om te begin.

Hoe Om Die Joernaal Te Gebruik

Reis is so persoonlik – elke persoon het hulle prioriteite en redes vir die vreemde te verken. So ek het die joernaal ingedeel sodat jy maklik die inligting wat jy nodig het kan vind. Jy is nou op die tuisblad, en bo regs sal jy skakels na die res van die webtuiste kry. Oor die volgende paar weke sal die bladsye gevul word met artikels, informasie en staaltjies oor ons halwe dekade in die Land Van Glimlagte en rissiepit warm disse!

Hoe beplan jy jou reis Na Thailand In Afrikaans?

Wil jy na Thailand reis, maar jy weet nie waar om te begin beplan nie? Ons wys jou hoe onder die Thailand afdeling van die Webtuiste. 

Verder sal jy meer informasie oor reis na in in Thailand onder Toer kry. Onder Plekke kan jy leer oor die land se stede, dorpe en eilande. As jy eerder oor ‘n spesifieke ervaring, soos duik of kos maak wil leer, gaan na ervarings. Onthou, albei is beskikbaar onder Thailand, bo aan elke bladsy. 

Die laaste afdeling onder die seksie is naamlik oor besonderse Thai mense en besighede. Thailand is vol interessante individue, van top fotograwe, en kokke tot agterkleinkinders wat die familie-tradisie van skoene maak laat voortleef. 

Ons bespreek elke maand ‘n interessante mens of besigheid sodat jy niks misloop nie.

Dalk soek Jy net inpirassie en Verhale uit die vreemde?

Vir inspirasie en kleur uit die Ooste, lees gerus onder Webjoernaal bo-aan die bladsy. Hier deel ons resepte, verhale oor ons eie reiservarings en ons stel jou voor aan Suid Afrikaners wat Thailand huis gemaak het.

Elke week sal ek nuwe artikels plaas. As jy wil weet wat binnekort gepubliseer gaan word, kyk aan die regterkant van elke afdeling na “Op Die Lys” of hou my Instagram dop.

Nou kan Thailand ‘n stukkie van jou lewe word, al kan jy dalk nie nou reis tot in die Ooste nie. Geniet dit!



Bladsye vol inspirasie

PLekke
Ervarings
Toer
besonderse mense


Woord van die maand.

Sawadeeka beteken hallo en is in my opinie die eerste woord wat jy moet leer in Thailand. Let wel, mans gebruik ‘n verbuiging van die woord, sawadeekrap.

Woorde 1

Sinne 0