Besonderse mense

Die man van Josh Kafa in Ari het soveel suave gehad dat ek hom ‘n paar keer moes afneem.


Ontmoet Thailand se mense



Thailand het ‘n mengelmoes van interessante mense! Deur die eeue is baie vaardighede soos kook en weef deur die generasies aan die kinders oorgedra. Daar is dus baie klein-handel besighede wat sepsialiseer  in tradisionele maniere van produkte maak of dienste lewer. 

Die koninklike familie het deur die jare ‘n voorbeeld gestel van ettiket en styl en dus volg luukse Oorde hierdie voorbeeld. Dit word gedoen deur, jou as gas op hulle hande te dra met elegansie en hoë standaarde.

Boonop is daar ‘n sterk waardering vir Westerse kosse, koffies en kuns, dus word nuwe gin-bars, koffiewinkels, en kuns ervarings by die dag geniet. 

Die Thai jongmense het ‘n moeitelose manier van Westers en Oosters bymekaar smelt om ‘n nuwe sintuiglike ervaring te skep. Geverfde kaaskoek enige iemand?

Dus ontmoet ons op hierdie bladsy Thailand se besonderse en talentvolle mense en hulle besighede. Ons bespreek hulle unieke talente en passie vir Thaliland. As jy werklik van die “Thai locals” wil leer – lees verder!