Ervarings

Die tempel word net gevind as jy ‘n spesifieke wandel pad volg wat in die berg bo Chiang Mai gevind kan word.


Die mooi Ervarings in Thailand



Hoekom sal reis ervarings in Thailand enigsins uniek wees?Ons het tog wonderlike strande in Suid Afrika, heerlike kos en mooi berge. Die antwoord is eenvoudig. Die Ooste is iets besonders en vreemd. Asia skok jou sintuie wakker met kosse wat rooi brand van rissies en Thai peperment. Dit verbloem die mooiste koffie hoekies in ‘n doolhof van strate, en waterkanale met hout bootjies wat onder lae bruggies vaar. Jy moet soek om dit te vind.

Thailand is pure avontuur – van rondrits op ‘n 3 wiel tuk-tuk, plat lê in ‘n kano om onder kristal-gelaaide grotte deur te skuur, tot  olifante misry in die ou hoofstad se strate. Die energie is vining en opwindend.

Thailand is pure genot. Jy voel soos ‘n beroemde wanneer jy deur jou privaat swembad se water loop, om oor die graniet-rand na die blou see te loer. Met ‘n kokkosneut in jou hand, kyk jy hoe die  eilandbewoners op die see verby roei. 

Thailand is pure fantasie.  Dit vul jou gees met nuwe ervarings wanneer jy in die skadu’s staan en sien hoe daar eerbiedig voor die monnike gebuk word – en so word hulle silwer bakke met vrugte en kosse gevul . Wierook vul jou neus soos dit in die lug om wit en goue altare dryf. Stadig, lui en eerbiedig soos die klank van die tempel klokke.

Thailand is veilig. Jy talm in die hout-gekerfde restaurant to na middernag en smul aan geurige kerries en nageregte van soet mango en romerige kokosneut melk. Dan, sonder om weer te dink, wandel jy rustig terug na jou hotel; die aandlug soet met die reuk van frangipani bloeisels.  

Thailand is oop en spontaan, maar tog skaam en nederig. Dit nooi jou uit om die tropiese klimaat en strande te geniet, maar weerhou die mooiste vir die wat die Thai-gees werklik wil verstaan. 

Van see-vaarders wat met hoenders en al in ‘n boot op die see lewe, tot wêreld beroemde musikante en popsterre; Thailand bied ‘n verskeidenheid van persoonlikhede en leefstyle – almal saamgesnoer deur die eeue oue tradisies van Siam. Jy staan stil vir die Koning se lied, jy raak nie aan ‘n kind se kop nie, en jou skouers word bedek wanneer jy temples besoek. Tradiesie staan stil in die bewegiing van tyd.

Dit is dus duidelik dat die land soveel ervarings bied, maar die opvallendste is die ervaring van die vreemde. Die element wat maak dat reis ons verewig verander, en ons lewens en verwysingsraamwerk kleur met ‘n ryker pallet.

So as jy binnekort Thailand wil ervaar, kan jy gerus gereeld by hierdie bladsy inloer – ek gaan dit vul met advies. Advies oor toere, wat om te pak, hoe lank vooruit om te bespreek en wat jy nie moet misloop nie!

Op die lys

Die grootste waterfees ter wêreld.