My verhale

‘n Oggend in die bed met koffie en ‘n boek. Bangkok het baie versteekte hottele en soms sou ons vir almal sê ons gaan weg, maar dan verdwyn ons net om die draai na ‘n hotel. So lekker


stories



Na 5 jaar van werk in Bangkok, versamel mens baie stories- sommige snaaks en ander ernstig. Ek sou nie my ervaaring in die Ooste verruil vir enige iets nie.

So het ek besluit dat die bladsy vir lekker lees verhale uit Thailand sal wees. Geskryf want dis lekker vir my om dit te deel. Van my eie genot in die snaakse kosse en my plig as onderwyseres, tot my gedagtes oor groeie, geld en Bangkok lewe.

Daarom kan jy hier lees as jy iets ligs en prettig soek. Die bladsy sal dalk stadiger opvul as die ander op hierdie webjoernaal, maar dit sal naaste aan my hart lê.

Ek gee vir jou, my hart op my mou in Thai styl.