oor my

Koffie liefhebber, skrywer en taal student.


Leer my ken.

Ek is baie dinge – ‘n Engelse onderwyseres vir kindertjies in die Ooste; ‘n liefhebber van alles gesond; maar grootliks ‘n skrywer en reisiger.

Ek lewe en geniet alles in oorvloed en laat gereeld toe dat kos, koffie en nuwe plekke my sintuie oorrompel. Ek het dus besluit om dit te deel met die mense wat my huistaal praat – Afrikaans. 

Ek hoop jy geniet wat jy lees soveel as wat ek dit geniet het om dit te ervaar en te skryf.

Het jy iemand nodig om vir jou te skryf?

Het jy iemand Nodig om Vir jou te skryf?

Ek kan jou help met skryf van artikels, epos nuusbriewe, sosiale media of selfs webtuiste inhoud. Ek het agtergrond in tale sowel as SEO. Ek is tans besig om my skryf portefeulje te bou so kontak my gerus as jy iets nodig het in Afrikaans of Engels.  

Ek skryf tans as vryskut skrywer vir ‘n luukse toer maatskappy gebasseer in Singapore. My artikels handel alles oor Thailand en reis in hierdie besonderse Koninkryk. Ek sal binnekort meer inligting en skakels na my artikels hier plaas.

Dus help ek graag as jy ‘n “agter-die-skerms” perspektief oor Thailand nodig het. Kontak my gerus as jy wil saam werk.

Ander Talente

Ek is baie passievol oor sosiale media en hoe om daar deur besighede se stories te vertel. Ek vind dit wat jou of jou besigheid uniek maak en die voordele wat dit vir jou kliente kan in hou, en begin dit op sosiale platforms deel. Jou besigheid bou nie net ‘n kliente basis nie- maar eerder lewenslank vriende.

Ek het ervaring met SEO analise en en sleutelwoord navorsing. Ek gebruik programme soos Canva, Lightroom en Lightroom CC, en het al ‘n verskeidenheid ander Adobe programme ook gebruik. Ek is ook ‘n groot aanhanger van Yoast SEO en WordPress.

Kontak my gerus en dan gesels ons lekker!