Plekke

Ek kon nooit genoeg kry van die oggende in Ayutthaya nie. Die son raak net anders aan die aarde wanneer dit hier wakker word.


berge,stede, eilande en dorpies



Van die mistige berge in die Noorde van Thailand, tot die deursigte blou van Koh Lipe se water in die Suide, bied Thailand besonderse en veelsydige plekke vir vakansiegangers of selfs kranige reisigers. Elke dorpie, berg en strand het dinge wat dit mooi, interessant en anders maak.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek sê nie dat alles aangaande Thailand rooskleurig is nie. Daar is baie dinge wat nie altyd so lekker is nie. Maar vra enige langertmyn toeris – daar is ‘n skoonheid te vind in selfs die grys sois ( straatjies) met verbrokkelde mure. Dis soos daai dokumentêre fotos van ‘n ou tannie. Sy kyk reguit na die kamera, haar oë glinster van wysheid en geluk, al is haar vel dun en verrimpeld en al het haar glimlag net twee tande oor. Haar voorkoms vertel van ‘n lewe vol hardwerk, maar ook van uithouvermoë en die wil om te oorleef. Haar oë vertel jou dat sy net so lekker gespeel het soos sy gewerk het. Die mooi en die lelik staan altyd sy aan sy – en in Thailand het ek geleer om dit te waardeer.

So hier gaan ek met jou die unieke dinge van die verskei plekke in Thailand deel. Van ‘n berg waar jy bo ‘n kombers van mis kamp, tot eilande waar visse nog met die spies gevang word.

Ek hoop jy ondek binnekort ‘n paar van die mooi plekke in Thailand, nes ek het en nog gaan doen.


Bankok





Chiang Mai



No posts



Ayutthaya