Thailand

Thailand In ‘N (Groot) Neutedop


Thailand



Laat die wonder in!

Wanneer laas was jy oorstelp van opgewondenheid oor ‘n nuwe ervaring? Dat die blydskap so intens is dit moet openlik gewys word deur ‘n dansie of ‘n lekker gelag. Wanneer laas het jy ‘n hap gevat en gewonder wat die nuwe geur is wat jou laat stadiger kou, sodat jy kans het om werlik die nuwe smaaksensasie te kan verken?

Ek is seker die antwoord is “lanklaas” want ons is al van kleintyd af grootgemaak met dieselfde disse, baie daarvan beïnvloed deur die Europese aartappels en vleise. En al geniet jy gereeld die gloeiende speserye van die Cape Malay-kerries, kan ek jou belowe dat daar wel ander maniere is van kerrie maak en ervaar. 

Die kerke wat jy sien in prag dorpies in die Boland word mis gekyk want dit wat mens gereeld sien, verdwyn maklik van jou oplettings veld. Ons bly in ‘n besonderse land, maar die sonderlinge ervarings word vir baie iets van die verlede – ‘n nagedagte van jou kinderdae.

Die soektog na nuwe ervarings en vreemde ondervindings het my na Thailand gelei. Die tropiese land in Suid-Oos Asië wat deur die natuur geverf word met smarag groen woude, en turkoois water, bied besonderse ervarings wat nêrens anders gevind kan word nie. 

Met ‘n ‘sterk grond-tot-mond tradisie, en buddhistiese invloed, beloof ‘n besoek aan die land ‘n vernuwe palet. Boonop sal jy wegstap met ‘n goud-bruin vel te danke aan die beeldskone strande en veilige seewater, sowel as blootstelling aan nuwe kulture en argitektuur style.

 Luuks, veilig en vol opwinding, die land bied soveel wat die kind in jou sal wakker maak. So as jy besig is om jou 2023 toerlys saam te stel, lees die artikel , terwyl jy Thailand heel bo aan jou lysie neerpen.